Welkom by die tuisblad van die N G Kerk Deneysville

Die gemeente se perseel is geleë in die hoofstraat van Deneysville.

Deneysville is 'n klein dorpie digby die wal van die Vaaldam. Dit is ongeveer 35 km vanaf Sasolburg, en ongeveer 45 km vanaf Vereeniging en Vanderbijlpark geleë.

Eredienste vind plaas Sondagoggende om 09:00. Kategese word gedurende skoolkwartale direk na die erediens aangebied. Daar is ook 'n aanddiens die eerste Sondag van elke maand om 18:30.