Jeug
'n Jeugkamp word beplan vir die naweek van 5-7 Oktober
2012 by Klipkraal.
Meer besonderhede sal nog bekend gemaak word.
Die kamp is vir senior katkisante (Graad 7 - 11).
Die kamp is gratis vir katkisante van die N G Gemeente Deneysville, maar 'n
deposito van R50 is betaalbaar om jou bespreking te bevestig. Die deposito sal
aan jou terugbetaal word wanneer jy die kamp bywoon.
Die getal katkisante wat die kamp kan bywoon is beperk tot 30.
Katkisante van die gemeente sal voorkeur kry, maar kinders van ander gemeentes
kan ook saamgaan om die getal op te maak.
Die koste vir kinders van ander gemeentes is R200 per kind.
Vul die besonderhede hieronder in om vir die kamp te
registreer. As jy onseker is of jy wel sal kan saamgaan, kan jy steeds
registreer en kies dan net 'onseker' by status.
|