PSALM 111
Hierdie is 'n lof psalm. (111
– 118)
Ons kan die psalm onderverdeel
in vers 1 – 7a: Die Here se karaktertrekke word uitgebeeld; en
vers 7b tot 10: Die Here se voorskrifte is betroubaar.
As ek die twee dele kan saam
trek in 1 dan sal dit wees: Die Here is
betroubaar. Jy hoef nooit ooit
een oomblik aan Hom te
twyfel nie.
Iewers het ek gelees wat die
verskil is tussen kennis en wysheid. Kennis
is om te weet 'n tamatie is 'n vrug. Wysheid is om te weet dat
jy liewers nie 'n tamatie in jou vrugteslaai moet insny nie.
Vir ons vanoggend is daar 'n
meer ernstige verskil tussen kennis en wysheid.
Ons het vandag
klemverskille in die woord “ken”. Bv As jy my vra of
ek Pierre Spies ken, dan sal ek dalk sê “ja.” Ek het persoonlik
sy pa geken. Ons het kontak verloor. Eerste ding wat ek hoor is
dis sy seun wat rugby speel. Ek weet sy oupa was 'n AGS pastoor.
Ek was al by sy oupa se huis. En ek het 'n keer of twee saam met
sy pa in sy VW kewer gery.
Ken Pierre Spies jnr my? Nee.
Hy weet nie ek bestaan nie. En nee, my kennis van Pierre jnr is
maar wat ek lees in die koerante. So, eintlik weet ek net van
hom. Ek hou van wat ek sien en hoor. Maar eintlik weet ek net
van hom.
Die ander verstaan
van ken is soos as ek vir jou sê ek ken my kinders. Dan weet ek
nie net 'n klomp goed van hulle nie maar ons is amper daagliks
in gesprek met mekaar.
Die verskil tussen kennis en
wysheid is dan dit: Ken jy God? Glo jy in
Hom? Volgens Jakobus glo die duiwel ook in God en hy sidder en
beef van angs.
Dit is een ding om kennis van
die Here te hê maar dis 'n ander ding om die Here werklik te
ken. En dit is hier waar wysheid inkom. Wysheid is
om te weet dat jy die
Here moet dien (vers 10).
Dat jy die Here met jou hele
lewe moet vertrou en Hom volg waar Hy jou ook al heen lei.
Wysheid is om te weet dat jy leef met die volle beheer oor jou
lewe in God se hande.
Kom ons verander die
invalshoek. Kennis is wat jy in die katkisasie geleer het
oor oa die nagmaal. Kennis is om die betekenisse van die nagmaal
te kan uitspel. Wysheid is om bewus te wees dat Christus self in
die tekens teenwoordig is. Wysheid is om te weet iets groters
gebeur vanoggend hier as net brood en wyn wat genuttig word.
Psalm 111 gaan oor die kultus. Die
Ou Testamentiese erediens. Dit was die plek waar God gekies het
om Sy mense te ontmoet. Maar net soos met die erediens het mense
die hart van die diens verloor. Hulle het
nog al die regte dinge gedoen maar die innerlike lus, die vuur
en passie en die vreugde was weg.
Hulle het die Here nie
meer met die hele hart geloof nie. Hulle het nog
meegedoen maar nie meer gaan dink oor wat hulle doen nie (2a).
Dit het hulle skynbaar ook nie gepla dat hulle nie als verstaan
nie.
En 'n mens word so omdat ons
so maklik vergeet wat die Here in ons lewens doen. Psalm 111 wou
oa die volk herhinner en weer laat nuut dink aan wat die Here
doen.
Vanoggend is dan 'n stuk
herhinnering aan Wie die Here is.
Vers 4 sê God self maak seker dat
Sy magtige dade nie vergeet word nie. Jesus het die nagmaal
ingestel as teken om ons te herhinner aan Hom en Sy liefde vir
ons (interpretasie van 1 Kor 11:23 - 26)
Die brood en wyn roep uit:
Jesus het Sy lewe aan die kruis opgeoffer om jou te red van God
se woede en oordeel. Die tafel is “oorlaai” met bewyse van God
se genade. En dis net vir jou!
En dan ... in hierdie
wonderlike maar deurmekaar en onseker land van ons word jy nou
weer herhinner dat die Here wat jou so lief het dat Hy in jou
plek gaan sterf het, ... is die Here wat vandag nog getrou is.
Hy gaan nie more terug krabbel op Sy woord nie.
Hy gaan nie sê Hy is verkeerd
aangehaal nie. Hy hou Sy ooreenkoms
met jou. Ja, die een wat Hy by die doop met jou gesluit het ...
ja al was jy te klein om te weet ... Hy weet en Hy hou vandag
nog Sy kant van daardie ooreenkoms presies soos Hy onderneem het
om dit te doen.
Hoor vandag dat die Here
die mense voed wat Hom dien (vers 5). En ons bekommer ons
oor more? Moenie. God voorsien. Die volk van daardie tyd
word terug gevat na hoe God die
mense uit Egipte gered het; hoe Hy hulle kos
gegee het in die woestyn ... en vir hulle 'n land van
hulle eie gegee het. En hulle word herhinner aan Sinai
waar God Sy wet en gebooie vir hulle gegee het.
Wat ons moet hoor
is dat God se gebooie ... dit wat Hy van ons vra selfs vandag
nog ... is gegee met die beste bedoelings. Dit is gegee in
trou en regverdigheid. Dit word onderskryf
deur God se eie trou. Ons kan terug gaan en gaan kyk hoe God
self met mag in ons lewens gewerk het en hoe Hy ons gehelp en
gedra het.
Die psalm roep hard: gaan dink
na! Gaan sien raak wat God doen. Meer nog:
Gaan dink oor Wie God is en hoe God maak. Wat jy sal agterkom,
opnuut ontdek of raaksien is dat God getrou is en nie onredelik
in wat Hy van ons vra nie.
Jy gaan ontdek dat Hy (Sy Naam
in vers 9) heilig is ... sonder sonde of blaam of
enigiets negatiefs. Dit wek ontsag.
As jy hier dink aan van die
profete soos Jesaja wat voor God se troon beland het en die
effek wat God op Jesaja en later op Johannes en ander gehad het
... dan sal ook ons met baie groter respek en eerbied met God
saam leef.
Eintlik hoef jy net te kyk wat
God gedoen het. Kyk na die natuur ... na mense ... na wat God
doen. Kan jy dit doen? Kan jy iets skep? Kan jy dit so
instandhou? Ons verniel als, ons laat spesies uitsterf en
vernietig die osoon laag.
Kan ons doen wat God doen?
Nee. Die Psalmdigter is reg: Wat God doen is groot, vol
majesteit en luister (vers 3). Laat ons God weer die eerbied en
respek gee wat Hom toe kom. En laat ons Hom die ereplek, die
Koningstroon en Direkteurskap van ons lewens gee.
Kom ons leef voor God dit wat
Hy vir ons die voorbeeld gee. Kom ons leef liefde en trou
teenoor Hom. Dit sal wysheid wees. Kom ons leef weer Sy gebooie
asof dit ons hart se grootste begeerte is.
Gaan dink daaroor.
Vir oulaas, kom ons kyk net
weer na wat Psalm 111 sê God alles doen:
ñ
God
sorg dat Sy magtige dade nie vergeet word nie (vers 4)
ñ
God
voed die wat Hom dien (vers 5).
ñ
God
hou Sy verbond in stand (vers 5)
ñ
God
laat ons die krag van dit wat Hy doen ervaar (vers 6)
ñ
God
het aan Sy volk 'n land gegee (vers 6)
ñ
God
het vryheid vir Sy volk gegee (vers 9)
Sy Naam is heilig, dit wek
ontsag!!
Het jy wysheid? Of is jou
geloof meer op die vlak van kennis van God? Jou antwoord word
gesien in hoe jy leef?
|