![]() |
|||||||
![]() |
|||||||
|
N G Gemeente Deneysville - Week van gebedPrediker: Ds Carlie Schiel
Geseën
Genesis 12: 1 - 3
Wacked Simpson speel op 94.7
'n boodskap van 'n seuntie aan sy pa. Dis die outjie se eerste skooldag
en hy sê “ Dad don't worry. I'll be okay. I'll make you proud.”
As Jesus Sy aardse bediening
begin dan doen God dinge anders om.
Jesus is gedoop en dan kom die
stem uit die hemel wat sê: jy is my geliefde Seun. Oor Hom verheug Ek
my.”
God seen Jesus. Hy bevestig
wat Hy in die toekoms vir Jesus sien: dat Hy 'n Kind so na God se hart
is en sal wees. Hy bevestig iets van Jesus. (Engels: to affirm)
In Latyn is die woord vir
geseen “benedicere”. Letterlik vertaal beteken dit “praat” (dictio) “goed”
(bene) ... om goed / positief van iemand te praat.
Volgens Henri Nouens is om te
seen om vir iemand iets te gee wat waar in hulle gaan word. Om oa iets
van hul menswees te bevestig. Iets soos 'n selfvervullende profesie.
Ek wou eers sê dat seen vreemd
is aan die protestantse en gereformeerde tradisie. Maar dit is nie. Ons
ontvang die seen aan die einde van die diens. 'n Nuwe dominie /
proponent word met handoplegging ingeseen.
Soms dink ek ons kan meer keer
mense die hand oplê en hulle seen. En ons kan meer kere 'n seen vir
mense wees deur goed van hulle te praat.
Vanaand gaan oor om 'n seën
vir ander te wees.
1.
Gaan wees 'n seen vir die nasies / in jou nageslag sal die volke geseen
wees.
2.
Isak wat sy kinders seen. (Gen 27) Jakob (Gen 48)
3.
Seen laat my besef dat hoe ek leef ... dit wat ek uitstraal moet so
positief wees en opbouend dat mense ons kan beleef as 'n seen. Ek dink
die begrippe soos ek dit die week gebruik het
van “geseen” en “gegee” vloei soms in mekaar in.
Net eers dit: Ek dink nie
Abraham en Sarah, Isak en al die ander Aartsvaders sou hulle lang en
dikwels pynlike reis met God kon voltooi het as hulle nie die besef
gehad het: ons is geseend.
Elkeen van ons het nodig om by
herhaling net weer te kan hoor “God het my lief. God sien my raak. God
weet wat in my lewe aangaan en gee om. En meer spesifiek: Ek is geseend.
Dit maak die erediens vir my
so belangrik. En die uitspreek en ontvang van God se seen so kosbaar.
Dink net: Sondige mens wat ek
is ... ek het genade ontvang EN boonop het God my geseen.
Wat meer kan ek vra.
Wat kan ek as geseende doen?
Ek kan tot seen wees vir ander. Ek kan hulle so bystaan en 'n pad met
hulle stap dat hulle een dag besef maar God het hulle lewens verryk deur
ons. Ons was deel van Sy seen aan hulle.
As God se pad met Abram begin
dan kom die woordjie seen taamlik prominent voor in die openings
gesprek.
Abram het so pas gehoor hy
moet sy goed pak en trek na 'n plek wat God nog vir hom sal aanwys.
Dan sê God: Ek sal jou seen
... en 'n man van groot betekenis maak EN ... jy moet tot 'n seen wees.
So 'n paar sinne verder “in
jou sal al die volke van die aarde geseen wees.”
Stem u saam as ek sê: Van die
begin af was God se mense bedoel om 'n seen vir die mense om hulle te
wees?
En ons kan dit wees omdat God
ons eerste geseen het. Jy is bloot tot seen van ander vanuit God se seen
aan jou.
En watter groter seening is
daar as dat die Heilige Gees met Sy groot mag en krag in jou bly.
Jy kan tot seen wees.
Dis hartseer dat ons dikwels
eerder 'n vervloeking is ... kyk al die wrakke wat ons agter laat in ons
daaglikse wandel. “We dont take hostages!!” Ons is agressief ... kyk
maar na die padwoede en
uitbarstings.
Blameer die spanningsvlakke in
die land daarvoor. Dis so! Maar as ons fokus op God wat ons seen en
begin raaksien hoe ryklik ons geseend is ... dink u nie dit sal dan
makliker wees om vir ander 'n seening te wees?
Kwela: Hoe kan ons sout vir
die aarde wees as ons ander gedurig peper oor hulle foute.
Die Ou Testament is vol van
dele waar 'n pa sy kinders geseen het. Dan spreek hy hierdie wens oor
hulle lewens uit. Dis gesien as bindend en krag draend. Dit gee rigting
aan die kind se lewe.
Ek wonder of ons nie dalk weer
ons kinders so moet seen met positiewe woorde nie. Dan sal daar nerens
kinders wees wat smag om te hoor my pa is vir my lief of is trots op my.
Miskien moet ons meer kere die gebed van St Francis van Assissie bid:
“Laat Heer, U vrede
deur my vloei ...” (Lied 284)
waar haat is,
laat ek daar u liefde bring
Laat ek in pyn en smart
vertroostend wees
en krag gee deur geloof in U, o Heer.
O Heer, help my om altyd so te leef -
om ander hoër as myself te ag.
Ja, om lief te hê
- ander bo myself -
en ook eerder te gee as te verwag.
2. Laat, Heer, u vrede deur my vloei -
en laat ek hoop gee waar daar twyfel is.
k wil u lig in duisternis laat skyn.
Laat ware vreugde altyd uit my straal.
3. Laat, Heer, u vrede deur my vloei -
leer my om ook soos U te kan vergeef.
Maak my bereid om aan myself te sterf,
dat ander U al meer in my kan sien.
|
||||||
Navrae |